Beste deelnemers
Ek stem weer eens saam met byna alles wat Jasper in sy tweede verslag sê. Hy het moeite gedoen en gee helder, deurdagte en goeie raad. Ek sal dus niks herhaal nie, maar net opmerkings en ’n paar rigtingwysers byvoeg.
Die meeste tweede weergawes was ’n duidelike verbetering, maar ek wil deelnemers tog vra om weer na die vyfpuntplan ter hersiening van ’n gedig in my eerste verslag te gaan kyk. Want ook in die tweede weergawes haper van dieselfde probleme nog. Dit lyk my die mees algemene foute in die werk van beginnerdigters is:
- Te veel abstraksie, dit wil sê te min konkrete besonderhede
- Te veel verduideliking, dit wil sê te min suggestie
- Te veel rymdwang, dit wil sê onpresiese woordkeuses in die naam van rym.
Gaan kyk dus asseblief of jy in jou tweede weergawes nog enige van hierdie algemene foute vind.
Rynie Olivier
“Openbaring van liefde” werk nog nie vir my nie. Dit verduidelik iets heel netjies, maar wys eintlik nog niks nie. Die konkrete besonderhede wat jy oor jou familie byvoeg, maak egter die gedig beslis sterker.
Ek het soortgelyke bedenkinge oor “Behoefte aan aanvaarding”. Die woord “behoefte” is immers ’n abstraksie, nes “liefde”, “openbaring”, “aanvaarding” en “geluk”. Hierdie woorde verklaar en liasseer, maar wys nie. Dit probeer uiteindelik die leser kul. Abstraksies laat jou dink jy verstaan, maar gee jou geen vaste greep op of begrip van enigiets nie. Ons dink in beelde en stories – nie in abstraksies nie. Wanneer abstraksie in konkrete terme vertaal word, begin ons sien, voel en verstaan.
Ek wil verduidelik wat ek bedoel deur aan te beveel dat jy na twee lirieke en een gedig gaan kyk wat dieselfde temas as jou twee verse takel.
Gaan kyk eerstens hoe Jackson Browne en Bruce Springsteen die ontgogeling met die liefde, waaroor jy dit ook in “Openbaring van liefde” het, in ’n veel meer konkrete en verhalende trant verwoord. Miskien maak my kritiek dan vir jou veel meer sin. Gaan luister ook gerus na die liedjies op YouTube.
In the Shape of a Heart
Jackson BrowneIt was a ruby that she wore
On a chain around her neck
In the shape of a heart
In the shape of a heart
It was a time I won't forget
For the sorrow and regret
And the shape of a heart
And the shape of a heart
I guess I never knew
What she was talking about
I guess I never knew
What she was living withoutPeople speak of love don't know what they're thinking of
Wait around for the one who fits just like a glove
Speak in terms of belief and belonging
Try to fit some name to their longing
People speak of loveThere was a hole left in the wall
From some ancient fight
About the size of a fist
Or something thrown that had missed
And there were other holes as well
In the house where our nights fell
Far too many to repair
In the time that we were therePeople speak of love don't know what they're thinking of
Reach out to each other though the push and shove
Speak in terms of a life and the learning
Try to think of a word for the burningYou keep it up
You try so hard
To keep a life from coming apart
And never know
What breaches and faults are concealed
In the shape of a heartIt was the ruby that she wore
On a stand beside the bed
In the hour before dawn
When I knew she was gone
And I held it in my hand
For a little while
And dropped it into the wall
Let it go, heard it fallI guess I never knew
What she was talking about
I guess I never knew
What she was living without
People speak of love don't know what they're thinking of
Wait around for the one who fits just like a glove
Speak in terms of a life and the living
Try to find the word for forgivingYou keep it up
You try so hard
To keep a life from coming apart
And never know
The shallows and the unseen reefs
That are there from the start
In the shape of a heart.
Gaan soek Browne se latere, meer gestroopte akoestiese weergawe van die liedjie op YouTube.
Stolen Car
Bruce SpringsteenI met a little girl and I settled down
In a little house out on the edge of town
We got married, and swore we'd never part
Then little by little we drifted from each other's heartAt first I thought it was just restlessness
That would fade as time went by and our love grew deep
In the end it was something more I guess
That tore us apart and made us weepAnd I'm driving a stolen car
Down on Eldridge Avenue
Each night I wait to get caught
But I never doShe asked if I remembered the letters I wrote
When our love was young and bold
She said last night she read those letters
And they made her feel one hundred years oldAnd I'm driving a stolen car
On a pitch black night
And I'm telling myself I'm gonna be alright
But I ride by night and I travel in fear
That in this darkness I will disappear.
Gaan soek gerus ook vir Patty Griffin se wonderlike weergawe van “Stolen Car” op YouTube.
En dan oor die hel van adolessensie en daardie allesverterende behoefte aan aanvaarding, lees Tony Hoagland se gedig “Are You Experienced?” en kyk hoe hy baie soortgelyke gedagtes in konkrete besonderhede en ervaring laat wortel:
Are You Experienced?
Tony HoaglandWhile Jimi Hendrix played "Purple Haze" onstage,
scaling his guitar like a black cat
up on a high-voltage, psychedelic fence,I was in the parking lot of the rock festival,
trying to get away from the noise and
looking for my car becauseI wanted to have something familiar
to throw up next to. The haze I was in
was actually ultraviolet, the murky lavenderof the pills I had swallowed
several hundred years before,
pills that had answered so many of my questions,they might as well have been guided tours
of miniature castles and museums,
microscopic Sistine Chapelswith room for everyone inside.
But now something was backfiring,
and I was out on the perimeter of history,gagging at the volume of raw data,
unable to recall the kind and color
of the car I owned,and unable to guess, as I studied
the fresco of vomit on concrete,
that one day this momentcleaned up and polished
would itself become
a kind of credential.
My vraag is, Rynie: Sou dit nie moontlik wees om iets soortgelyks te skryf oor ’n skoolsokkie en mense en musiek wat jy ken nie?
Ronnie Strydom
Ek stem volmondig saam met Jasper se kommentaar op jou tweede weergawes, Ronnie. Maar die meeste sterk, onthutsende beelde is reeds deur assosiasie gekoppel aan groter idees, of ten minste komplekse emosies.
Ronnie, vir jou wil ek, net soos vir al die ander jong digters, sê: vertrou die konkrete beelde, en skráp – skrap al wat ’n abstraksie en cliché is; vergeet eers van rym, en kyk dan wat daar staan en wat dit reeds alles sê.
Met ander woorde, los die “psige” en “voorgevoelens”, die “soeker”, die “pyn” en die “sterwensuur”. Wanneer jou beelde, jou vertelling en/of beskrywing raak is, sal jy nooit ’n woord soos “pyn”, “hartseer” of “liefde” nodig hê nie.
Carike Odendaal
Carike, jy kan gerus Jasper se raad oor “Jakkals” ter harte neem. Maak dit meer konkreet – woorde soos “afwagting”, “gebeure” en “plan” sê niks. Dis niks anders as die rookmasjien wat by rock-konserte gebruik word nie. Jy is egter beslis al op die rand van ’n stemmingsvolle gedig.
“Optog” werk egter steeds nie vir my nie. Veral nie wanneer ek dit vergelyk met Tatamkhulu Afrika se gedig “Dancing in My City” waaraan dit my herinner nie. Kyk of jy dit in die hande kan kry. Dis in sy bundel Dark Rider (1992) en handel ook oor ’n protesoptog, maar gaan kyk hoe hy inzoem op spesifieke besonderhede en uiteindelik een figuur.
Hier is die twee slotstrofes:
But then I see her:
the little, yellow, dancing woman,
the rapt yet graven, shrivelled features,
generous San buttocks rolling
with a gentle, rhythmic, effortless abandon,
small feet skittering,
lightly as a water-bug on dust-glazed water,
along the crowd-rushed, dead macadam.And my feet move on again, knowing
that under them,
lies still a soil forever Africa,
and it is not I that am the alien,
but they that stand here, streetside,
watching me dancing in my city.
Emlyn Allwright
Die tweede weergawe van “iv” is vir my helaas nie ’n verbetering nie. Kragtige kuns is nooit net propaganda of ’n les nie en hierdie gedig is nou ’n netjiese les. Emlyn, jy sal moet teruggaan na die eerste weergawe en weer dink. Dit het potensiaal gehad, maar die tweede weergawe sal meer tuis wees by ’n saalopening of die debatsvereniging as in ’n digbundel. Onthou: gedigte verken, dramatiseer en deurvors vrae. Dit hoef geen antwoorde te bied nie en ’n oorvereenvoudiging, soos dié, kan nooit meer as ’n halwe waarheid wees nie.
Ek hou egter baie van “v”, weergawe twee. Hier hoef jy nie meer veel te torring nie. Ek het slegs oor een van die beelde bedenkinge: Kan ’n waaier enigsins klap soos ’n tong? En sou daar ook waaiers wees as jy reeds ’n verkoelingstelsel het? Jy kan hier nog ’n meer kongruente, elegante oplossing vind.
Ek meen ook, soos Jasper, dat die gedigte liefs titels behoort te hê. ’n Titel is altyd ’n geleentheid om op interessante wyse met ’n vers in gesprek te tree.
Megan Janse van Rensburg
Ek gaan akkoord met Jasper se voorstelle, maar wil net ook die volgende stuiwer in die armbeurs gooi.
Megan, jy moet jou afvra vir watter gehoor jy wil skryf.
Indien jy kinderverse wil skryf, stem ek met Jasper saam: hou dit speels, lig en opgewek. En dan gaan die effe somber toon in die slot van “Penwedloop” inderdaad nie werk nie. As jy egter vir volwasse lesers wil dig, sal jy beslis meer satire en skerper ironie moet gebruik om ’n indruk op jou teikengehoor te maak.
Keer terug na die skryfskool-tuisblad.

