Toe ek Maggie se uitnodiging/daging! om oor ’n boek te skryf, lees het The Mind's I: Fantasies and Reflections on Self & Soul,saamgestel deur Douglas R Hofstadter en Daniel C Dennett (Penguin Books, 1981), dadelik by my opgekom!
Daar was sopas ’n polemiek oor die sg "parawetenskappe" op SêNet: enersyds dié wat dit aanvaar of minstens oopkop ondersoek en die wat dit afmaak as pseudowetenskap. Parawetenskap is die alternatiewe naas "ortodokse" wetenskappe met velde soos parapsigologie (heldersiendheid, telepatie, ens), waterwysery (met of sonder stokkie!), ens.
Kernvrae in die boek is "Wat is 'verstand/denke'?"; "Wie is ek?"; "Kan ’n masjien dink?"
Gesonde verstand sê enige een wat sulke vrae aandurf, kan teenstrydighede verwag! Die boek is ’n poging om enersyds die teenstrydige voor-die-hand-liggend te maak en andersyds die voor-die-hand-liggende teenstrydig! Dus ’n dubbeldoor onmoontlikheid!! Maar tog is die boek ’n buitengewone kombinasie van wetenskap (para- en normale) en kuns wat vermaaklik en informatief is!!
Martin Gardner, doyen van wetenskap-popularisering, skryf (en ek gee dit in Engels omdat tè veel in ’n vertaling verlore gaan!): "Is the soul, as Hofstadler asks, combining two puns with a spoonerism, greater than the hum of its parts? If this ancient and dark metaphysical mystery has ever troubled you, buy this superb collection, with its equally wondrous commentaries."
Jan Maarschalk

