"Skree net terug (of bly stil)" deur Albert du Plessis

  • 0

Skree net terug (of bly stil)

Soms word ek wakker in die middel van die nag
Is dit jou asem in my oor of Satan se gelag?
My woorde is nog seer want my lippe was so kras
daar was bloed gewees en twee harte het gebars

Probleme is klein genoeg om te vermy
want sodra jy jou kom kry wil jy pak en weer ry
Wil jy pak en weer ry?

REFREIN:
Skree net terug of bly stil
Jy kan jouself nie help nie, dit is my skuld
Skree net terug of bly stil
mens kan net soveel duld
Skree net terug of bly stil
Skree net terug of bly stil

Tevergeefs is die wat beef
die aarde draai en ons planne loop skeef
So hou net op met huil
want jy’s in die spel en die reëls is vuil
Tien gebooie is gestel, maar nietemin veg dit jou vloek en geskel
Dit keer nie jou vloek en jou geskel

Nou is alles deurmekaar in rep en roer gegooi
Skree en stormwind waai oor
maar twee siele het verloor
Liefde was beloof en haat het ons vriendelik ingenooi
Dit wat dieselfde was het verander
en twee harte dryf nou swaar in skande

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top