skoon aspris uitgelate

  • 0

nesse baie bomvu rooikat, innie diepdonker bos,
trap Mens soms, pseudo-opsetlik, takskietklaplik,
net ommie vyand te laat hoor, Mens issie alleen,
innie stryd, Sterkste S’n, lafaards rug-tenie-muur

“Duiwelspiek”-papsakpaparazzi, herkoloniseerders,
“Krotoa se Plek”-stadsvaders en -moeders, eisj,
“Bossiesmansland”, “Nederlands-Malawu-land”,
holhangeraandagvangers, mediaci, diep ingebed

bloedlynsnuiwers, inwoonders, volk van Azanja,
post-Gondwana, Gewete-loos, in dié tswempoe,
van onkund’-ontkenningskunde, mampariologie,
paloekafisering, stereotipering, pejorativering,
van Mens, mede-Mens, Naaste, mede-Avatar,
umNtu, abaNtu, by geboorte propvol ubuNtu

ly Afrikaans nog so onnodig, aan Boerifikasie,
lat amaNguni na haar as ‘n “Boerin” verwys,
lat amaNguni mede-Mens asse “ras” “klas”,
nes patriargie, apartheidsonderdrukkers,
neo-superioriteitsindroomondersteuners,
oorlogsaktiveringsopwekkingsaktiviste,
hul vuil geld in Self-vervuilingsprojekte,
opgestapel, wêreldwyd gedistribueer,
al moet naïwiteit, onskuld, vertroue,
alles wat mooi is, lelik daaronner ly

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top