Soos ek in my kamer sit, verlang my hart, verlang my hart na jou
Ek wil so graag iets van jou hoor, maar jy is so, ja jy is so stil
Sal jy my se wat nou aangaan, want ekke wil, ja ekke wil graag weet
Het jy dan al so vinnig van, my onverklaarbare liefde vir jou vergeet?
My hart is oop, my woorde is waar.
Wens ek kon dit alles verklaar....want ek bly aan jou dink
Ek dink jou hart is iewers anders, anderkant die branders
En my boot wil sink.
Jy is 'n prinses en ek sal enigiets doen om jou prins te kan wees.
Jou hart is dalk oop-soos-'n-boek, maar ek sukkel om daardie taal te lees.
Wil jy nog he dat ekke vir jou hart moet veg, of is dinge nie reg nie?
Oorreageer ek alweer, of is my hart hierdie keer meer seer?
My hart is oop, my woorde is waar.
Wens ek kon dit alles verklaar....want ek bly aan jou dink
Ek dink jou hart is iewers anders, anderkant die branders
En my boot wil sink, my boot wil sink, my boot wil sink.
En dit voel of ek verdrink.

