skimhartensboer

  • 0

hartensboer drink glaslaatmiddagdop
die son het stom sy herfsvlerk ingevou, ’n
huis verlang verloën só omkeerkop
glasgoud sien leeg word, getroue oue
sy pyp met rum- en mapletwak gestop
in ’n impasse tussen behoue
aanhuiswees en droëdaegekrop,
gelit vlam die pyprook op teen koue

die swanesondons breek flenterig lig
teen tyd, dat stemme van ons vaders vaag
omlyn is met skrif as spore van teen-
woordigheid, skimhartensboer se aangesig
verdof allengs herinnering vervaag
en wegraak agter rook en bind met been

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top