Geskryf vir: Straatligkinders
Verse:
Ek sal vir U seun verduidelik, ek het nog nooit ? jaar beter spandeer
in verlore-wees nie
Daar moet iets gesê word vir aanhou en deurdruk
Vir iemand soos jy wat staties kniediep vir pyn moes buk
Nooit ? dag laat nie
Ons is nie wie ons was as ons geweet het wat ons nou weet nie
REFREIN:
Jy gaan nie nou ingee nie, nou opgee nie
Jy gaan jou skouers opskroef, afstof
Die hartskoot miskyk, want binnekort
Het jy vêr genoeg gestap, diep genoeg getrap
Dan kan jy meer lag en minder weet wat om te verwag
Hierdie ontknopings is nie vir jou bedoel
Jy struikel in spore hopeloos te groot vir jou
Nie geweet vir wie jy moes skuldig voel
REFREIN
Ek het pyn toegelaat waar dit saakmaak en nooit
Vergeet om ? glimlag vir morê aan te las nie
Ek het jou pyn geleer, nou kan jy pyn wegvat
Jy kan nou pyn wegvat
Jy kan nou pyn wegvat
Jy kan nou jou drome hervat

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

