"Skiet vir die maan" deur Marina Lavini

  • 0

Vers 1:

Ons drome, gemaak van kinder stories
Die dae wat geld net ’n speelding was
Die dae van jonk wees
En kinders nog kinders was
Toe die dae net geëindig het met nog ’n nag

Refrein:
Daai oumense wat altyd ons herinner
Mik vir die maan en al mis jy is jy tussen die sterre
Maar hoe kan ’n mens so vêr vlieg
As jou ander self vir jou lieg

Ek stap tussen mense verby

Vers 2:
Almal lag en gesels
Maar ek weet ek is heeltemal alleen
Ek dink aan die dae
Toe seerkry net op ’n knie was
En liefde familie beteken het

Refrein:
Daai oumense wat altyd ons herinner
Mik vir die maan en al mis jy is jy tussen die sterre
Maar hoe kan ’n mens so vêr vlieg
As jou ander self vir jou lieg

Die tyd gaan so stadig verby

Vers 3:
Maar tog as ons kyk is ons al daar
Ons weet nooit waar ons gaan nie
Ons sien nooit die realiteit nie
Wag vir niemand wat niemand wag vir jou nie
Die lewe is in jou hande
Alles verdwyn maar soms nie so gou nie

Refrein:
Daai oumense wat altyd ons herinner
Mik vir die maan en al mis jy is jy tussen die sterre
Maar hoe kan ’n mens so vêr vlieg
As jou ander self vir jou lieg

Ek stap tussen mense verby

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top