"Skewe belofte" deur Wynand Kotze

  • 0

Skewe belofte

Helder, helder sit jy voor my en wag vir my reaksie
Jammer, jammer maar jou flirtasie is my ondergang
Kom wat wil, jy ken my hart, en daarmee speel jy vry
Ek is moeg geploeg in die seerkry van gister, so ek gaan laat gaan, en vorentoe hardloop!

Koor

Vandag was nag toe jy my sê jou beloftes was ’n grap!
Jy is vry, maar ek wil bly, tot die see my wegspoel in die vou van jou mou!
Daar waar hartseer vertoef is waar mense woonplek soek, vandag kom soek ek woonplek in jou woorde ...
Kry my daar, asb...

Jy het my mak gemaak met die donker bruin poele
My vermaak met jou genadelose soene
En nou weet ek hoe dit voel, om te voel sonder rede ...
Ek weet nou dat jy lieg, ek weet nou dat jy niks van my weet nie
Steek my, verneuk my, maak my tot niks
Ek sal nie die vrugte pluk nie!

Koor

Brug

Ek het geglo dat jy my nooit sou seermaak nie
Maar nou is jy skuldig aan hartebreek
Ek onthou dit wat jy nie eers weet nie!

Jou skewe beloftes is my lyn, tot waar ek wil wees!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top