Nou ja, ek is ’n stomp potlood genoem. Dit beteken ek moet my potlood skerp maak? Sê Tant Alie ek is ’n “swaap”? Terselfdertyd is die “Tant Allie” ook hand-om-die-blaas Kdk-MEELOPER? So, steur ’n ratel hom aan ’n pofadder? Namib, ek lees op Gwen Lister se blad, dat vroue meer as 52 persent van kiesers uitmaak in Namibië. Tog, is dit nog ’n man se wêreld? Ek het Gwen toe gevra wat sy beoog om te doen om gelykstel en gesinsgeweld-wetgewing op boeke te kry in Namibië. Ek is jammer as ek nou my stomp potlood in ’n geelslang se gat loop druk het, maar voel die speelveld kan gelyk gemaak word in ’n paar jaar. Vroue kan dan daar dieselfde regstel aksie-aanstel voordele bo mans en dieselfde gesinsgeweld voordele oor mans kry. Dan kyk ons wie is slapgat en ruggraatloos, as hul kla oor vroue boelies in Namibië. Nee wat, ek meng nie in nie. Dis mos vryheid van spraak en assosiasie? Stomp beteken ook gevoelloos.
Hans Richardt

