"Skeppings deur die mens" deur Pieter Kruger

  • 0

Skeppings deur die mens


Skeppings deur die mens van beton en staal
Waar almal kom om rykdom en geluk te haal
Waardes word gemeet aan besittings en geld
Die neonligte sal eindelik ook jou siel laat smelt

In die middel van die skare is jy eensaam en alleen
Omring soos ’n eiland, maar jy ken geeneen
Hartseer en verlange, die vriende wat jy ken
Is dit beton en staal wat die wedloop sal wen

KOOR

Hoeveel spore is getrap op jou drome
Emosies woed in jou net soos demone
Breek jou vestings stuk-stuk uitmekaar
Los jou dan bedremmeld, deurmekaar

Mure van jou kamer word soos ’n tweede vel
Alleen in jou mensgemaakte hel
Vuisvoos val jy in ’n onbeheerste duik
Môre se koop is gister al gebruik

Lê jou drome en ideale soos skulpe op die strand
Mooi en blink of stukkend in die sand
Laat jy toe dat die branders van die lewensee
Altyd meer van jou vat as wat jy het om te gee

KOOR

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top