"Skepping van ’n eensame verbeelding" deur Jaco Venter

  • 0

Skepping van ’n eensame verbeelding

Die son penetreer my visie
Beroof van my sig binne ’n oogwink
Die warmte vlam op binne-in my
Terwyl ek aan jou dink
Die kleur van jou oë
Die klank van jou stem
’n Deel van jou, onverstaanbaar
Wat die warmte in my hart beklem

Jy kruip nader
Jou hart fluister in my oor
Nader aan liefde as ooit tevore
Waar gevoelens met realiteit toor
Woorde van liefde
Woorde van omgee
Jy daag op in my lewe
Net toe ek van eensaamheid wou skree

Jou hart klop vinnig
My kop draai
’n Gevoel van waansin brand
Waar haat gewoonlik verwoesting saai
Is dit ware liefde
Of ’n smag na aanvaarding
Ek probeer verstaan, maar
Vir myself is ek bloot nog ’n vreemdeling

My sig herstel
Na wat normaal voel
Jy was slegs ’n illusie
In ’n oomblik beroof van sy ware doel
Ek deursoek my gedagtes
Maar vind jou in my verbeelding
En steeds smag ek na iets meer as
Die oppervlakkige liefde waarvan mense deesdae sing

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top