Skepping
Al die woorde is gevat
Die taal is leeggetap
Elke sin en versie klink sat
Ons musiek is plat
Skryf net ’n simpel gediggie
Met kruisarm rym
Hoe kan ons meeding met geskiedenis se grotes
In hierdie lui luim
Koor
Een, vier, vyf
Ons het vergeet hoe om goeie musiek te skryf
Bokkie, rokkie, sokkie
Ek kan nie meer doef-doef musiek hanteer nie
Tooi die lawwe diggie met mooi akkoorde
Voel die ritmes, speel die note
Hoop die crowd gaan mosh pit by jou tone
Vermy net een, vier, en vyf
Hy is die musiek se los lyf
Lekker maklik om mee te speel
Lekker vinnig om te verveel
Koor
Een, vier, vyf
Ons het vergeet hoe om goeie musiek te skryf
Bokkie, rokkie, sokkie
Ek kan nie meer doef-doef musiek hanteer nie
Hoeveel kombinasies note en woorde
Voor dit eindelik gaan opraak?
Hoeveel eentonige ritmes
Bevorder rêrig die saak?
Draai toe jou kreatiewe krane
Daar’s niks meer goeie kuns oor
Conform en doen ’n Kurt Darren
Jy’t die kreatiewe stryd verloor
![]() |



