Skemerkelkies by ’n konvokasie

  • 3

(’n Besige kuierplek: Intercontinental-hotel, OR Tambo, RSA)

Ek (kelner): Hallo.

B1 (bruinman)Marvellous to meet your acquaintance, old chap.

B2 (brilman): I’ll have a beer. Castle. Cold. Quickly.

B3 (burton): Me too. And English mustard.

B4 (hoofman): I did nothing wrong.

Ek: Jammer, hierdie is ʼn cocktail bar. Ons bedien nie bier nie. B2, beste wat ek vir jou kan doen is ʼn Trojan Horse. Dis ’n Guinness en Coke. En jy B1?

B1: I need stationary.

Ek: Prof, hierdie is nie die Protea op Stellies nie, dié is die Intercontinental-hotel. En ek weet wie jy is. Jy was die rektor aan die Universiteit van die Vrystaat. Jy is vroeg in 2009 as die eerste gekleurde rektor en visekanselier van die universiteit aangestel. Gelyke kanse vir almal, sê ek altyd, of hoe? Veral by die US.

B1: (snork verontwaardig; B2 en B3 let op dat koppe na hul tafel draai) No, I’m DJ Black Coffee. Now you know why black people sometimes flip because of language intolerance.

Ek: Hoesê.

B2: Ek dink ons moet eerder Afrikaans praat … konfidensialiteit kan gekompromitteer word.

B3: (knik instemmend) Ek sê wat u sê.

B1: (fronsend) Are you aware that the most famous role of Native Americans in World War II was performed by the Navajo Indians. They were code talkers, using their own complex native language to help the American troops keep their plans secret from the Japanese.* Apologies, Afrikaans, nè. Jy sê dis ’n pielstertkroeg … soos eendstert.

B2: Skemerkelkie …

B1: Ek vat ’n Blow Job. Irish cream and Kahlua in a shot glass and topped with whipped cream.

B3: (lag skalks) Jy weet hulle sê lawyers doen ’it met appeal, nè …

B2: (skud van die lag) Gee enige dag vir my Sex on the Beach. Ek het ook niks verkeerd gedoen nie.

B4: (rig hom tot B2) Ek hou baie van jou jeans.

(Dis rumoerig om ons)

B2: Hy kon nie kom nie.

Ek: En jy, B4, fairest of them all?

B4: (sy vingers trommel senuagtig op die tafel – dalk is daar ’n ander rede) Gelyke Kanse het kontak gehad. Gereeld. Ek erken dit. Ek kan dit nie kondoneer nie. B1 sal kommentaar lewer. Ek is verkies op die 25ste September en het op 10 Oktober uitspraak gegee. Ek is verkies op die 10de Oktober en het op 25 September uitspraak gegee. God save our queen. (hy snik sag)

Ek: Wat wil jy drink, B4?

B4: Ek weet nie. Ek weet nie wat is reg vir my. Willem Johan Simon de Villiers?

Ek: Pussyfoot?

(B2 kyk verward van sy foon op en B1 gluur my steeds haatdraend aan)

Ek: (kyk na B1) Jonathan David, het jy regtig gesê: ‘Instead of recruiting Cuban doctors or Zimbabwean teachers, my advice to President Zuma is to solicit the support of His Holiness, and to rope in nuns from all over the world to teach our children.’ Jy’s ongefokkenlooflik.

B1: (staan dreigend op) You’re an uneducated Boer! [Hy weet haatspraak is iets van die verlede.]

Ek: Slippery Nipple of Zombi Punch vir jou? Nie? Dalk eerder ’n Gingerbread Man-tini?

(B2, B3 en B4 staan ook op)

B2: We are leaving. Ons het in elk geval niks van belang om te bespreek nie.

Ek: Wag-wag-wag, manne, wat van ’n Witch Hunt op die huis?

 

* Vanaf Wikipedia

  • 3

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Lank terug, ook lid van konvokasie gewees. Was net uitgawe. Meeste van hierdie "skemerkelkies" is verlepte vingerhappies en drank.. Klomp nonsens.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, was jy al sulke affêres? Vreeslike stywe storie, met baie aangeplaktheid.
    Meeste van die grade is na jaar of twee nie meer vreeslik relevant nie.
    Amper soos voor ballet destyds in Pretoria se staatsteater... Het my altyd winde gegee, daai wat man dan saggies (so op die tromslag daar in die gat voor die verhoog) laat gaan het, so foeiiii..
    Geen plek vir normale mens nie.
    Grade is in elk geval geldmors, want jy het geen vaardighede as jy met daai karton teen kop geklap word op die verhoog nie..
    In retrospek sou ek liewer loodgieter geword het...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top