"Skadubeeld" deur Thalana Hunter

  • 0

Skadubeeld

Hallo jy, wat’s jou naam?
Jy lyk bekend en volg waar ek gaan

Gedagtes gedenk aan jou wat treur
En ander skend deur jou humeur

Skadubeeld alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit neem niemand jou hand

REFREIN:
Skadubeeld
Jy is ek, en ek is jy
Twee in een, verdeeld
Skadubeeld van my

In die donker lig gaan jy net weg
En oningelig moet jy alleen veg

Weet nie wat makeer of waar gaan jy heen?
Jou hart is dalk seer, maar jy’s nie alleen

Skadubeeld alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit neem niemand jou hand

REFREIN

Volg net die regte rigting, die pad na verligting
Ek sal jou kom haal voordat jy verder val
in die donker smart van my hart

Net ’n sig teen die muur
maar as ek val, val jy ook
Jy’s meer as ’n figuur
wat daagliks by my spook

Skadubeeld alleen aan die ander kant
Selfs al reik jy uit neem niemand jou hand

REFREIN

Net ’n sig teen die muur
maar as ek val, val jy ook
Jy’s meer as ’n figuur
wat daagliks by my spook
Skadubeeld

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top