Ek sien dat Daar kom die Obhama vir Jacob Regop kuier. Of lat ek dit so stel, hy kom ons landjie besoek. Ek seg mos die heel tyd ek sit partykeer en dink, ander kere sit ek net. Jacob was mos so week of wat gelede by die Japanese. Hulle het hom blykbaar ook sjeld belowe. (Ek wonder of Jacob die verskil tussen die Sjinese en Japanese kan sien?)
Ek weet nie of ek onnodig verbouereerd is of nie maar hier kom 'n ding en dit is nie modder nie. Waarom die ewe skielike besoek van die VSA se president? Wat het of wat gaan gebeur.
Ek dink iemand het wakker geskrik of net geskrik en sien dat daar vir die Weste en veral vir die VSA moeilikheid op die horison is, as hulle nie gou gaan ingryp of red wat nog te redde is nie.
Met die moeilikheid in die Midde Ooste kan die VSA se olie-voorsiening summier gestop word. Die Suez-kanaal kan toegemaak word en as die Sjinese slaag in hul doel om ons landjie te kolonialiseer dan sit die Yanks sonder enige olie. As die Sjinese die seeroete om die Kaap toemaak is dit nag.
Ek het een aand 'n onderhoud wat met die Malawiese president gevoer is gekyk. Die antie het ruiterlik erken die Sjinese vra nie vrae oor waar die geld heengaan nie. Die Westerse lande vra wat word met die geld aangevang. Dit lyk vir my neef Jacob is ook heel bly daaroor.
Die BRICS-ding is ook 'n pot stront. Wie gaan die meeste voordeel daaruit trek. Die Russe en Indiërs. Ons ekonomie en landbou gaan erg seerkry. Daar is BRICS- lande wie se ekonomie veel groter is as ons sin. 'n Eenvoudige voorbeeld is, ons tekstielbedryf is in elk geval in sy kanon in agv die skrefiesoge. 'n Ander voorbeeld is die produksie van hoendervleis. Die Brasiliane voer hoender in, goedkoper as wat ons dit kan produseer, en nog veel lekkerder ook.
Ons arbeidsbeleid is grootliks ook daarvoor verantwoordelik en ons arbeidskoste is ook by verre te duur. Let net op hoeveel Sjinese winkeltjies is daar nie. In 'n dorp soos Mooi Rivier in Natal is daar Sjinese winkels, wat selfs op Sondae oop is. Ek dink op amper elke dorpie in die land is daar al van die litte woonagtig. Hier in Durban is selfs 'n "China City" wat die grootse klomp gemors verkoop. Gewoonlik hang daar so tussen vyf en tien van hulle in die winkeltjie rond. Hulle het altyd 'n swart lid wat daar werk. Die Sjinees kan nie Ingels nog minder Afrikaans of Zoeloe praat. Ek vra eendag vir die swarte of hulle kaarte vat en vryf my duim, wys en middelvinger teen mekaar, om te wys ek het nie geld aan my nie, waarop die Sjinees sommer intjip en seg, "no card, autoteller down that way" en my gang af beduie.
In Mosambiek gaan dit ook so. Ek dink trouens die hele Afrika het die geel kanker. Ek weet nie wie of watter Westerse land ons gaan red van die dreigende onheil nie maar hier kom 'n ding.
Ek moet darem noem dat hul kinders slim is want hulle praat van jongs af al Sjinees (kantonees of manderyn).
Reusedwerg


Kommentaar
Dag Reusedwerg,
ja dis 'n ding wat al 'n lang pad kom. Al daai "Freedom Fighters" is vir baie dekades deur Sjina en Rusland ondersteun, die Beer is nie meer daar om sy rekening in te vorder nie, maar die Sjinees wel.
Die nuwe winde wat waai kan nie eens 'n fraksie van hul skuld betaal nie. Sjina het dit van meet af geweet, dit was sy plan. Die Weste het groot lawaai gemaak oor hoe barmhartig hulle die derde wêreld se skuld "vergewe" en net hulself beindruk.
Die "Chinaman" het geen sulke slegte idees nie. Wat in Suidwes gebeur het is eenvoudig. Die staat vra tenders vir werk, pad, kraglyn, dam skoonmaak, beesmis optel, you-name-it. Uiteraard kry die gevestigde kontrakteurs nie die werk nie. Te wit, jy sien. 'n Sjinese kontrakteur kry dit, doen 'n kak job en sy enorme span "werkers" bly agter nadat die werk gedoen is. Hulle maak binne twee nanosekondes 'n winkel oop.
Hulle neem ook baie industrieë oor by die swartes. Hoerhuise, dwelmhandel, sulke derglike dingetjies.
Ek onthou die een wat 'n skeepshouer linkerskoene ingebring het as "samples" Mens moet tog seker jou kliente 'n "sample" kan wys voor hulle bestel, of hoe? 'n Paar weke later bring hy 'n skeepshouer regterskoene in as "samples".
Uiteraard word geen invoerbelasting op "trade samples" betaal nie.
Ek sien die dinge, ek weet van die dinge. Ding is, ek gee nie meer om nie. Ek verstaan al die emosies van die wittes wat nog daar is, want ek het self daardeur gegaan, maar wat die land, die hele Afrika betref, ek gee geen duit meer om nie. My rug wys daarheen en daar is geen stof op my voete nie.
Duitswester
Jou antwoord op my brief stem met my en my pelle se siening oor Afrika ooreen. Die Afrikane is nie bewus dat Afrika weer kolonialiseer word nie. Dit gebeur vinniger as wat ons besef en dit gebeur onder ons neuse. Ek is nie 'n siener nie, maar ek dink die manne hier by ons gaan op 'n dag ook gatvol raak vir die veteroge en hulle begin Xenofobeer. Die manne op voetsoolvlak is ek dink redelik moerig vir die geel manne. Wat my verstand natuurlik te bowe gaan is die houvas wat die geles op Afrika het. Soos jy noem uit die sokkel dae (struggle days), maar hoe flippen onnosel moet jy nie wees om dit nie te besef nie. (Ek antwoord seker nou my eie vraag). Ek dink soos ek in my skrywe genoem het, dat die Westerse lande vinnig soos in baie vinnig hul koppe skud dat hul ore hul wakker klap want as al die kanale en seeroetes gesluit word sit die Westerse moonhede met hul vingers in hul ore.