sjoe-sjoe, Ju-Ju

  • 0

Malema-dilemma, eintlik Prez syne,
eeu-oue gaping tussen ekonomieë,
tussen bevoordeel- en benadeelde,
post-Polokwane-maskeradery, eish,
wie’t rêrig hef innie hand, liewe land,
of’t ekonomies vryheid g’n verband,
net ’n illusie, opgeteken, grondwetlik,
nie regtig implementeerbaar, as projek,
Gini-koëffisiëntlik heel onkwantifiseerbaar

Millennium Drie toe glattie Jack Parow-koel,
tenderpreneur’t toe wrintie nie goed bedoel,
net so erg leuenagtig soos “Duiwelspiek”-lot,
elke skyn-“gelowige”, -“aanbidder” van God,
baie min gepla, ja, met groter meerderheid,
m’t hul onkund’-ontkennend’ Self-destruksie,
waarheid inderdaad vreemder as enige fiksie

so, Ju-Ju, metafoor, van ons onwilligheid,
eerlik afskeid te neem van neo-apartheid,
al’s jou drif nie op skrif, ‘s jou wa drifdeur,
te prominent vir tug of dissiplinêr beheer,
te goed vertroud met organisasie-doktrine

sjoe-sjoe, Ju-Ju, seun, kom weer huis toe,
mamela, Sello, Afrika’t nog glattie gebuya,
nie as Mens, kil, mede-Mens met umShini,
so gewetenloos, gewelddadig net wil dubula,
uitwissing bepleit van onderdrukker, vyand,
en vir histories herowering van voorouerland,
waar de Oer-Gondwana is gesonde verstand,
sprake van ’n Gewete neo-amnesieus vergete,
so gerieflik, sindroom van Self-destruktiwiteit,
NDR skoongestroop van moraliteitsmentaliteit,
kritici en kopwassers baklei hul heel eie stryd

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top