sjêma ‘sjibbolêt’

  • 0

Liewe Abba, Millennium Drie Krisis, reg óp Mens,
moraliteit, papsaklik, struktureel so immeketaar,
g’baseer op versjym’ling, b’drog, submissivering,
van U-Weet-wie, mamparazionisties, mafiosieus

galoppeer vrees, oorlogslis, hormone pomp, gons, bons,
dooies onvermeld g’bêre, storie ýt, geliefdes wat ween,
maak Duiwelspiek-dissipels, hot-‘n-haar, vreugdevure,
staat’t nes amanzi-paal, bo H2O, verifieerbaar Veritas

frokkelasies, verlate stasies, g’n niemand baat mos daarby,
sou Mens ma’ net wou, Self, Self ytie onspiritualiteit b’vry,
veral die meerderheid, dié wie so struktuurgewelddadig ly

post-Besinning, post-Self-destruktiwiteitstyd, -apartheid,
post-Gewete-herwinning, o Jena, Paradys-op-Aarde-tyd,
ja, slimstes van slimstes se allerfinaal Ultra-Oorwinning

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top