’n Suid-Afrikaanse vrou wat 3 kg dwelms in China ingesmokkel het, word vandag in dié land tereggestel. Janice Bronwyn Linden (37) van KwaZulu-Natal is verlede jaar ter dood veroordeel nadat sy in Julie 2009 in besit betrap is van metamfetamien. Mnr. Tlali Tlali, woordvoerder van die departement van justisie, het gesê verskeie beroepe is op die Chinese regering gedoen om Linden se lewe te spaar. “Soos sake nou staan, kan daar min, indien enigiets, gedoen word.” Linden se twee susters is na wat verneem word by haar in China. Mnr. Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het gister gesê sover hy weet, was die departement van internasionale betrekkinge in kontak met die Chinese regering oor die saak. Dit lyk egter nie in dié stadium of daar enige hoop is om Linden se lewe te red nie. Mnr. Stevens Mokgalapa, DA-LP en skadu-minister van buitelandse sake, het gesê ’n beroep om begenadiging op die hoër hof in die Guangdong-provinsie en die hooggeregshof in Beijing, het misluk. Mokgalapa het gesê Suid-Afrika het vroeër ’n visum aan die Dalai Lama geweier weens pres. Jacob Zuma se vrees om China te ontstel. “Dié keer is ’n mens se lewe op die spel.” Linden sal tereggestel word deur die toediening van ’n dodelike inspuiting. – Jani Meyer
Kommentaar op hierdie hartseer beriggie is egter afgeskakel. Janice is ’n swart vrou. ’n Mens kan net wonder wat daar sou staan.
Maar, dis hoe dit is: Mokgalapa het gesê Suid-Afrika het vroeër ’n visum aan die Dalai Lama geweier weens pres Jacob Zuma se vrees om Sjina te ontstel. “Dié keer is ’n mens se lewe op die spel.”
Dit kan kwalik beter gestel word. Dwelms is laakbaar. Maar hoeveel skade word amptelik op eie bodem toegelaat deur die Sjinese aangerig?
Ons see word deur Sjinese plunderaars verwoes en ons markte met hul gemors verswelg.
Is daar enige balans tussen die formele moord op ’n enkele vrou wat onskuldig pleit (selfs teen ruil vir lewenslank as sy skuldig sou pleit), en die massaverwoesting wat hulle hier op eie bodem gegun word? Is dit ’n voorteken van ons hel onder Sjinese meesters?
Ons koffie is koud; dis veels te laat om nou wakker te skrik – die Sjinese is op ons!
Tog dink ek diegene wat besorg is oor ons renosterslagting (sogenaamd onder Sjinese vaandel), sal dalk anders voel as hulle besef dieselfde lot wag op sulke boewe in Sjina as hulle daar gevang word met ’n onwettige Renosterhoring.
Mag Jesus Christus ons GOD, Janice Bronwyn Linden se siel genadig wees en haar geliefdes se harte troos.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius Henn

