Vader, Eerste Mens soebat U só, pleit, smeek,
verleentheid: vir aborigeen geen geleentheid,
post-“ras”, -“klas”, post-pejoratief, -apartheid,
Self-bevrydend, uit ontkenningstatus te breek
vir eeue al in toestand van koloniaal submissie,
ten opsigte van Self-destruksie, g’n anner opsie,
as einde aan smart, oorlog, geweld, teen Naaste,
alle laastes dan weer eerste, Gewete-loses laaste
mugu, paloeka, mampara, in illegitiem tuisland,
ingehok agter pseudo-grense, pasboeklik in pas,
benardes van siel, spiritueel in geestesarmoede
hou onkunde direk met Self-destruksie verband,
simbio-afhanklik vammekaar, nes “ras”-’n-“klas”,
sjatan, sjy dissipels, Duiwelspieklik oppul hoede
Jacobus Faasen

