vir “ras”-‘n-“klas”-diskriminasie g’n spasie,
verdeel heel onnodiglik, land, volk, nasie,
soveel jare, post-Codesa, post-repatriasie,
bly gesindheid, houding, dié van verrotheid,
gewelddadigheid, van struktuurgeweldbeleid,
tipe neo-liberaal, neo-apartheid, hayi,
g’n geswore kameraad so iets beskore,
eish, op Aard’, rassisme nooit legitiem,
‘t laat gaat Paradys-visie skoon verlore
Jacobus Faasen

