mette koppelteken ammeketaar geslaat, geverbaliseer,
semanties, foneties, letterkundiglik, isiBhuluïsties, eisj,
tot stand g’breng, geformeer, vervaardig, duid’lik g’maak,
vuil Gewete, toetentaal-‘n-al misvorm, noggie herwin, verlos,
weet Mens mos donners goed g’noeg, wat sodanig Missie kos,
hoev’l Goedheid Mens al so oor allie eeue, millennia, v’loor’t,
geheime, info, oor moorde, uitwissings, als, êrens wegg’stoor’t
eisj, Mens, Self, Eie, skoon deurdrek, vervuil, ontlastinglik belas,
m’t Self-destruksie-projek, ignoreer van eie ontkenningsonkunde,
oppe moerske Self-bedroglik dwaalspoor, superioriteitsindroom,
“Duiwelspiek”-dissipelskaplikheid, neo-“ras”-’n-“klas”-Kapitaal,
net so legitiem soos neo-Holocaust, minagting van Eerste Mens,
verheerliking van Guantanomobaai, van oliebron-imperialisme,
amper onvergeeflik Gewete-loos, gewetenloos Self-destruktief,
dehumanisties, wetenskaplik ge-GM, tot uniek ikoonsjabloon,
nog altyd, steeds, inne, ane, magsbasisverbredingsindroom,
in-, vasgekluister, sonner Gewete, super-ultra-gewetenloos,
sou Mens werklik, waaragtig sweer, Skepperskjendstatus,
legitimiteit van Skepsel-syn, hoop op (mede-)Menslikheid,
’t so wrintiewaar lankal al, pregedetermineerd, verdwyn
Jacobus Faasen

