Sinteties Sarkasties
Moenie my minag nie
Probeer my eerder begryp
Hierdie sarkasme het my onwetend gebyt
Dit los ? wond
Bitter ongesond
KOOR:
Genees my met die komedie
Ons lag uit volle bors
Jou sin vir humor is ? tragedie
? Verspotte kunsmatige grap
Terggees sal moet onthou:
Wie laaste lag
lag die lekkerste
Doelbewus het jy probeer
om my gemoedstoestand te verteer
My siel uit te trek
Tussen maanskyn en rose
Onverwagtend
Minagtend
KOOR
My optrede was opreg
Alhoewel ek skepties was oor jou sintetiese gedrag
Nooi ek jou uit
Kom saam en deel in die jolyt
Ons lag nou saam (x4)
KOOR
(Die lekkerste)


