Sing vir my ’n lied

  • 0

Foto: Canva

Sing vir my ’n lied

Sing vir my ’n lied
dan word nostalgie mooi en lig
oor kleintyd ware sprokies
en geure van onthou.
Sing vir my ’n lied
van Kersfeesnag se jubelfees
van samekoms en blye sang.
Sing vir my ’n lied
soos ons familie altyd kon.
Ons familie, ons gesin
voor ons geskei is deur die dood
en jubelsang verkrummel het
tot ’n hartseer koor
van wees en seer.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top