Sing ’it interview with Bittereinder

  • 0

Where is the weirdest place you’ve ever written/composed a song?

Earth.

Which local band’s songwriting shows consistent quality?

There’s a clear distinction to be made between lyric and song-writing, but most of the artists we name here are pretty good at both. Lyrically, Toast Coetzer (from Buckfever Underground), Tumi Molekane (from Tumi and the Volume), Hunter Kennedy (from Fokofpolisiekar)  and Zubz  are some of the best writers in SA. Good SA songwriters include bands like Isochronous, Marlowe, Goldfish…

What themes particularly interest you at this stage of your career?

Sea monsters, disillusionment, instant gratification, blood, dancing, critics, fearlessness. Expect all of those themes on the new Bittereinder album.

What is the best song you’ve ever written/composed?

As a band… uhmmm…I think we all have different favourites from the Bittereinder album. Peach’s new Yesterday’s Pupil album has some absolutely epic tracks on it.

"Ware verhaal" by Bittereinder

sê tog die musiek beteken nog iets as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix? ek soek al vir jare na die ware verhaal die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal sê tog die musiek beteken nog iets as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix? ek soek al vir jare na die ware verhaal die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

so spoeg ek my hartjie uit in netjiese rytjies rympies wat seer en heel maak soos ’n chirurg se snytjies jy kies wat jy lief is voor so tussen die lyntjies ek lê al lank genoeg in my Matrix-pypies miskien te ongeduldig om te begin met die basics maar nou neem ek te veel te vinnig in soos roomys en breinvries stilletjies bekruip ek hierdie onbekende grond met my woordeskat en ritme soos ’n geweer en ’n waghond julle almal donner rond in julle veilige kastele terwyl ek buite in die skadu’s in die strate van jul stede die verlede en die toekoms in die straatligte soek ek luister na die fluister van geheime in elke hoek dit is nie so donker as wat dit van ver af lyk nie daar is harte wat verstaan as jy nie woorde gebruik nie die leemte roep nou hard, en ek kan sweer die tyd is hier ek is ’n kind van die warrelwind se middelpunt van vuur

sê tog die musiek beteken nog iets as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix? ek soek al vir jare na die ware verhaal die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal sê tog die musiek beteken nog iets as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix? ek soek al vir jare na die ware verhaal die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

die redes hoekom ons saamdrom lê in lyne van persepsie maar die voorstel van skoonspel is nog altyd buite die kwessie die bloed en die trane op ons sitkamerstelle pas mos mooi met die muurverf so onder die sterre flippit, ek’s moeg van gebrek en gevlek en die stilte soos wapens wat sorg dat ons instort van binne en skud in die koue van versmoorde drome in ons kinders wat ons namaak is die donkerte volkome o ja, ons kan raas, met woorde vol rooiwyn maar kyk hoe verdwyn ons harte agter daai toertjiegordyn soos ’n kinderpartytjie wat wit hasies laat verskyn behalwe dis grootmense wat nog lekker speel hier agter in die tuin gooi maar nog ’n glasie dat ons almal kan vergeet van die sweet en die grond en hoe ons ons eie stront eet of weet ons van beter? kan iemand nog onthou waar die terugveg begin en die apatie ophou?

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top