Geskryf vir: Alle kunstenaars
Ek kruip weg in die skadu van my kitaar
Die stemme is almal dood in die hoeke van die bar
Blare teen die ruit sê die winterwind is koud
Die deure bly gesluit, die atmosfeer benoud
Ek wandel tot laat in die aand rond
In my skaduwee grom daar ‘n pikswart hond
Hy lag vir my, want hy, versteek my son
Ek sweer dis die duiwel goed vermom
Ek soek net simpatie
Vir hierdie situasie
Waarin ek myself bevind
Waai wind waai
Tot binne in my siel
Waai alles deurmekaar
Meer as wat dit reeds is
Waai wind, waai
En soms as ek voel die wêreld raak te veel
Dan staan ek vir ‘n oomblik stil en probeer myself verbeel
Dat ek omring is deur die goeie dat ek ontslae is van my boeie
Wat elke dooie sekonde oor my vryheid begin groei
Ek kan dit nie meer keer nie, ek het solank probeer
Om te veg teen die verslawing, deur bitterheid verweer
So neem vir my, na die sonskyn en verf vlerke op my bors
Ek sweer ek sal kan verdwyn sonder om te blik of bloos

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

