Silwer Ritme
Die pendulum swaai met silwer ritme
Wit-blits ys van die nag besit my
In die boek van die tyd skryf ek rym-gedigte
Dansers draai in silwer ritme
Flitse flikker in die ys-rook om my
Die rook blaas sirkels by die stoom verby
Asuur in die water wat hitte vermy
Sirenes lui, doringdrade versprei
Met silwer ritme
Mmm, met silwer ritme
Die blouvuur van jou lyf bestuur my
in die voorspel van amper-verby
Die draai van die wiele in my kop skree jy
Die dadaïsme in my sal alles bevry
Met silwer ritme
Mmm, met silwer ritme
Wat maak jy daar?
Hou jou rokkies bymekaar
Daar’s nagte wat nie weet van slaap
Daar’s dae wat nie weet van ontwaak
Dis die siklus van angs en van wraak
Mmm, mag ek aan jou raak?
Fragmentasie van beelde bly spook
In my platinum-denke wat aanhou kook
Roep die dogters van die gode wat kwaad wil stook
Mmm, hulle gis in my ook
Ooh, met silwer ritme
Mmm, met silwer ritme
Ooh, met silwer ritme
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.