"Sieners" deur Wynand Kotze

  • 0

Sieners

Dit begin in die middel.
Eindig by die begin.
En dae wat wortelskiet in die herfsoggende kom iets van ver en ek staan stil en wag vir die slag.
Oë van liefde is groter as die oomblik
Jou aanraking van sagmoedigheid keer my opgee.
Asem van waansinnige kusse gee nuwe lewe.

Koor

Vlieg ek, vlieg ek oor die see
Hardloop ek, hardloop ek reguit in jou hart in.
Praat ek, brabbel ek, jy-taal.
Daar waar hartseer vertoef, is waar mense woonplek soek.
Jy dra die stof van my geluk aan jou voete. Ek voel elke trap.
Daar waar jy op die omega-lyn kom, sal ek saam met jou onwetend loop.
Maar mens kruip weg!
Wat word bedoel met hoe ek nou voel ...

Brug

Nader...
Die blêrkas fluister ons gevoelens.
Tree vir tree wals ons die einde in.
Skadu’s van selfsug klou saam in die deut.

Koor

Dit begin in die middel.
Eindig by die begin.
En dae wat wortelskiet in die herfsoggende kom iets van ver en ek staan stil en wag vir die slag ...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top