As die son verduister
in n ewigheid van donker,
en die sterre verklaar
hul lig sonder woorde.
Dan sien ek jou.
As die strand se suis verdof
onder die geweld van mensdom,
en die swewende meeue hul vrede hou
terwyl die geroeste wrakke hul finaliteit vermom.
Dan dink ek aan jou.
As die maan sy plek verloor
en n sekel wit in die aand lig kerf,
en n kers die romans
van perfeksie verwerf.
Dan is ek by jou.
As jou wereld sonder asem
na n antwoord hyg,
en lewe sy greep
onder blou verbuig...
Dan bly ek by jou.


Kommentaar
Pragtig!