"Shigori-wha-a" deur Fridrich Kristen

  • 0

Shigori-wha-a

Sinkgepak langs ? dooie myn
diakens lag in samesyn
Liefde bloei, dis die stof wat gloei
Daar's 'n tronksel in jou bier

'n Hond lê dood langs die Hondrivier
Ou Piet het al op twaalf bestuur
Dis 'n leeu wat brul
dis 'n vrou wat gil
Daar's pantoffels in jou bier

REFREIN:
Shigori-wha-a, ons sal lewe, ons sal bewe
Shigori-wha-a, in die bosveld duik ons krewe
En daar's baie hout vir vuur

Blinkgevryf op 'n goue trein
die varke lag in samesyn
Vriendskap stoei, dis die stof wat gloei
Daar's 'n bokdrol op jou bord

'n Skaap eet gras langs 'n dom konyn
Ou Jan was al op ses gewyn
Dis 'n bok wat blêr
Dis 'n voël wat ser
Daar's confetti op jou brein

REFREIN

Dik gelag langs 'n rooi robyn
die lakens was al lankal vuil
Die hart is seer
dis die wyn wat keer
Daar's 'n vonkel in jou sous

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top