Shell Karoo-eksplorasie?

  • 1

Vraag 1 – waar gaan water vandaan kom wat in proses gebruik gaan word? Dit kan al die Karoo-boere in krisis laat as Shell hul water vat of soutwater uit see inpomp.

Vraag 2 – waar gaan die tonne sand vandaan kom? Van die brul sand uit die Kalahari? Die sand van Witsand forseer mos outomaties lug uit as dit kompakteer. Dan raak die ANC en Shell saam ontslae van nog 'n unieke natuurverskynsel in dié proses. Dan gaan hul die spons van waterrots mos vir altyd verstop en gaan grondwater vir ewig opdroog in die Karoo?

Vraag 3 – na 50 jaar kan giftige water begin uitloop, omdat arteriese waterkomme gebreek en verstop word met sand. Die bottertong-klong uit Nederland se 'spioene' het die Karoo voos gery en almal het ge-oe-en-aa oor Nederlandse toeriste, die Bliksems! Wat sê die Nederlandse Prinses Irene oor haar plaas, gaan sy dit aan Shell skenk vir eksplorasie? Hoekom moet Afrikaanse Karoo-boere onteien word vir Shell se eksplorasie en bly Prinses Irene op haar plaas sit sonder dat 'n haan daarna kraai?

Ek dink die ANC-regering behoort haar plaas te onteien en aan haar familiebesigheid Shell, te gee, as die regering so ernstig is oor gas.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • Daar word nog altyd gefluister dat die Nederlandse Koninklijke familie die grootste aandeelhouer by Shell is – Shell is met ’n rede "Royal Dutch" of "Koninklijke Olie". Dus enige aksie van Shell teen die Nederlandse koningshuis is onmoontlik of hul raak die titels kwyt. Mense sê Prinses Irene het saam met die koninklike familie probeer om Shell te oortuig om die skaliegasekplorasie te stop, maar die ander aandeelhouers het saam meer mag besit. 

    Ag, en laat die ANC Prinses Irene se plaas onteien; dan gaan Nederland, wat nou al teen die ANC blaf, rerig ’n keer byt. Die ANC het die Nederlandse koninklike familie reeds genoeg verneder deur hul straatname in Pretoria te wysig ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top