Shell het 'n meerderheid aandeelhouding in bv BHP Billiton, 'n baie gewilde SA-aandelemaatskappy in die mynbousektor. Die tipe omgewingsoptrede wat van Shell verwag kan word in die Karoo, kan by BHP Billiton en Black Rock bekyk word. Nou ja, ek moet my liewer nie meer uitlaat oor dinge hier op LitNet met kwaak en balk nie, dis net geboortereg van akademici. My reg tot vryheid van uitdrukking ingekort?
Hans Richardt


Kommentaar
Ek hoef jou nie te vertel wie almal bedmaatjies is nie. Ek sien die kroonprins van Billiton is erg ontsteld oor een of ander obskure karakter wat langs hom ’n plaas wil koop. Dit is weereens ’n duidelike bewys wat ’n groot vriend van my eendag te vertelle het. Hy seg dat brandewyn moet jou pel wees. Hy moet nie jou god wees nie, anders het jy moeilikhied. Dit is soos geld, dit moet jou pel wees en nie jou baas nie. As jy begin dink jy is Pontius se nefie, gaan jy moeilikgeit optel. As ek dit nie verkeerd het nie, het die "oorspronklike" Rothschild nie oom Anton met Rembrandt gehelp nie? Ek glo vas daaraan, jy krap vandag my rug ek sal op ’n tyd wanneer ek gekrap wil word, na jou toe terugkom en dan is dit jou beurt. Shell gaan nog sy pond vleis van iemand af eis. In die diplomatieke kringe praat hulle nie van vriende nie, maar van belange. Dit kom daarop neer, wat is daarin vir my. Hou die spasie dop.