"Sexy vir twee" deur Jonathan Bosman

  • 0

Sexy vir twee

Ek gaan myself nie meer keer
Om jou weer te sien, inteendeel
Ek wil jou saam met hom sien
Om my te bekeer
Van jou, van ons, van jou sexy vir twee.

Jy is altyd sexy vir twee
Jy wil hulle almal van die baan af vee
Dit gaan nie verewig hou nie
En jy gaan my nie meer kou nie
Nie sexy vir een nie,
Jy is altyd sexy vir twee.

Soen hom hard, hou hom vas, druk hom vas
Teen die dansvloervloer, teen die koffiewinkelstoel
Ek gee nie om nie
Ek wil sy hande op jou sien, ek wil jou mond
Op sy lyf sien.

Jy is altyd sexy vir twee
Jy wil hulle almal van die baan af vee
Dit gaan nie verewig hou nie
En jy gaan my nie meer kou nie
Nie sexy vir een nie,
Jy is altyd sexy vir twee

Dis ek, dis nog altyd ek, die vervelige ou wat in die bed wou bly
Maar wie is hy, wat is hy?
Jy kyk vir my, ek kyk vir jou
Jy gaan net aan, julle beweeg aan
Nader aan mekaar, verder weg van my.

Jy is altyd sexy vir twee
Jy wil hulle almal van die baan af vee
Dit gaan nie verewig hou nie
En jy gaan my nie meer kou nie
Nie sexy vir een nie,
Jy is altyd sexy vir twee

In die middel van die vloer, my vriende staan terug
Julle dans hard, ek beweeg  verby die groep
Ek moet meer sien, ek is nou in die loep
Hy ken jou lyf, nes jy hom sou leer
Dit is duidelik nie jul eerste keer.

Vier dae later en my foon is konstant aan die lui
Jy het glo ’n fout gemaak en drink nou vir twee
Ons is verby en was dit die laaste keer
So kry vir jou nog sexy vir twee.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top