Sewe sakke sout
REFREIN:
Sewe sakke sout
oor wonde uitgegiet
Oopgekrap en leeggetap
verdrink in jou verdriet
Hoe lank gaan jy daar sit
en klou aan die verlede?
Die storie van ons moederland
voor 18 jaar gelede
Dis buite ons beheer
niks kan dit verander nie
So kom ons sluit die hoofstuk af
en bou ? nuwe lewe
Die pyn is daar
om dit te ignoreer gaan nie help nie
Maar in plaas daarvan om skuld te wys
hoekom kyk ons nie na onsself nie?
Tog is daar die enkele paar
mense wat nog klou
Die verlede is ? growwe lem
En die rowe net-net rou
REFREIN
Hoe gaan ? mens te werk
om te bou op wat gebeur het?
Die maklikste is by jouself
met dit wat jy geleer het
Die storie het verloop
en die letsels is nog daar
Tog elke keer as die wond genees
bring óu lemme pyn en naar
REFREIN
Dis tyd om trots opsy te skuif
voordat ons mekaar verdryf
Aanvaar wat gebeur het as deel van ons verhaal
Aanvaar die pyn, sing die refrein
rou wonde hou mens kaal
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


