"Sewe sakke hoop" deur Richelle Grant

  • 0

Sewe sakke hoop

Deurskynend is jou gemoed
Jy dra dit amper nes ? hoed
Jou voete sleep in die stof
Dis ? onbetaalde stryd
Jy moet daar uit

Die wolke trek verby jou huis
Net soos jou drome in die wind
Vergeet van seer
Vergeet van “ek moet nog net so bietjie leer”

REFREIN:
Sewe sakke sout het jy gedra
Sewe sakke hoop, maak dit net oop
Sewe sakke sout het jy gedra
Dis nou sewe sakke hoop, maak dit net oop
Glo in wie jy is, mag niemand jou iets anders vertel nie
Want ek glo in wie jy is, mag niemand jou iets anders vertel nie

Deurskynend is jou hart
Almal weet hy is seer
Hou op staar, hou op met kla
Dis ? onbetaalde stryd
Jy moet daaruit

Neem jou eie outoriteit
want jou drome waai vir jou daar in die wind
Vergeet van seer, vergeet van “ek moet nog so bietjie leer”

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top