Seun van Mooifontein
Ek staan hier in die land van sneeuwit berge
terwyl die engel van verlange arms om my vou
En die trane in my oë word net erger
as sy vir my fluister alles wat ek goed onthou
My naam is groot in hierdie verre lande
maar waar ek staan is my hart seer en baie klein
Al wat hulle sien is net die blink en skimmer
maar ek bly nog die kaalvoet seun van Mooifontein
Ek sien dit alles in my drome
Die ou plaas silwer staan op volmaan nag
Jou lippies rooi, oë wat blink soos sterre
en al wat die stilte breek, jy wat saggies lag
Die koffie reuk, warm brood, ou stoepkoelte
die verre berg wat draai van blou tot vaal
Op pad huis toe die volk wat saggies nag sê
In sleeptong brei, vir my die mooiste taal
Ek sien dit alles in my drome
Ek sweef oor klein rivier en kranse blou
en elke rots en elke boompie daar mis ek
Maar dit wat ek die meeste mis is vir jou (x3)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


