"Sepia" deur Rudolph Maree

  • 0

Sepia

Dis weer een van daai monotoon dae
Die wêreld vervaal terug na sepia, en jy
jy verskyn in jou helder kleur en oorskadu
wat als al tot nou gebeur het in my

Ek staar onbeskaamd, hou 'n dapper front
Onsekerheid wemel in my rond
Ek kyk na jou, jy kyk weg
Die donker tart, my gemoed versleg
Die toekoms dreig om jou in te sluk
en ek versmoor geleidelik, en ek

CHORUS:
Ek bevind myself
Ek bevind myself alweer
Ek bevind myself
Ek bevind myself al meer

En hier waar jy in die voorgrond sit
In sterk kontras teen die swart-en-wit in my
My hede is steeds onderbelig
My fokus vaagweg op jou gerig

En jy, jy doof uit tot in die agtergrond
en draai daar saam met my duiwels rond
Jy kyk na my, ek kyk weg
Die donker kom en ek maak my reg
Alleen, verwilderd, koud en dom
En jy is skoonveld teen maanopkoms

En ek, ek bly, ek bly net daar staan
Alleen, alweer alleen, benoud en stomgeslaan

REFREIN:
En ek bevind myself
Ek bevind myself al meer
Ek bevind myself
Ek bevind myself alweer
Vasgevang in jou
qVasgevang in jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top