Dis waar die werkersklas Israeli bly! Gemengde omgewing van Israeli Sabra en Arabier! Daai straatkiosks wat sigarette, Turkse koffie, bagels en H'aretz op sypaadjie naby hordes bushaltes verkoop! Die sentrale busstasie in Tel Aviv is verdiepings hoog en Israel het seker meeste busse wat ek nog gesien het! Tog met al die openbare vervoer, is verkeer so erg, dat dit 6 ure op Vrydagmiddag vat om 100km op 4 baan snelweg tussen Chatzerim en Tel Aviv te ry! Dan stop alle transport teen sononder en 'walk and see more' is al raad! Glo my, geloofstradisies is erge pyn in gat, as man net 'n Saterdag het om toeris in vreemde land te speel, as man tydelik 'werk'. Reis op 'naweek' van dag, met reistyd van 6 ure voor en na Sabbat, is 'n uitdaging! Israeli Arabiese taxi's byt die situasie uit met super duur pryse! Wel Trienie, jy leef in droomwêreld, jy moet leef daar om deur strontstories oor 'heilige land' te sien uiteindelik.
Hans

