Wouter se opmerkings oor RSG

  • 0

Ek lees Wouter se brief oor RSG en die laat my toe aan die volgende dink.

Daar's Louis van Rensburg nou die dag oorlede en ek voel hy het heeltemal te min erkenning gekry. RSG se speellyste is nie te sleg nie maar daar is afskuwelike liedjies op soos I want to dance the night away with senior readers van die Mavericks en iemand Myers se Faaaathers be kind to your daaaahders en Mamma of Mama van Boys to Men ens.

Dan is daar nog 'n klomp swak Afrikaanse liedjies wat ek nie kan verstaan hoe dit op die speellys kon kom nie soos Veertig jaar en daardie half Engelse een van die ou wie se flat screen te klein is en sy Porsche te stadig en sy beach house te ver maar baby ah've got noose for you. Wat drek!

Jak de Priester se Sally Williams Nougat is 'n pragtige liedjie maar sy Trane as mens happy is kan maar agtergelaat word.

In die plek van hierdie substandaardliedjies kan van ons goeie ouens gerus meer kans kry, hulle kry te min erkenning. Iemand soos Richard van der Westhuizen byvoorbeeld (sy Stofpad vat my jare terug). Danie Niehaus is nog 'n ou wat nie genoegsaam respek op RSG kry nie, ook Valiant Swart, André Swiegers en Piet Botha.

Van die minder bekende goed van Anton Goosen (soos sy 7 Osse), Steve Hofmeyr, Gé Korsten (Op moedverloor se vlakte) en Lukas Maree kan gerus ook gespeel, en op die manier meer bekend, gemaak word. En Manuel Escorcio en Mynie Grové en Laurika Rauch en Karen Hougaard en ... te veel om op te noem maar daar is baie (en meeste van hulle is virtuose soos Coenie, Gé, Manuel, Mimi, Laurika).

Dan is daar liedjies wat mens nooit oor die radio hoor nie soos daardie ou wat in 7de Laan speel se Ek wil jou soen of so-iets, Petronella Baard se Klipgooi van die see (so-iets) of Alta Joubert se Tuiskoms. Daar is nog 'n Arina de Wit ook wat ek kan onthou nogal mooi goed gesing het, mens hoor hulle nie meer nie.

Van die ou goed kan ook liewer 'n kans as die aaklige goed van Myers, Boys to Men (iets van daai aard) kry. 'Ou goed' soos van Jurie Ferreira, Gert Potgieter, Nico Carstens (komponis van ligte Afrikaanse musiek, nie Boeremusiek nie), kry hopeloos te min erkenning. Ou Boermusiek (sonder slaginstrumente) behoort ook 'n kans te kry, die spesialisprogram is net 'n troos. Verder is die musiekkeuse van RSG nie te sleg nie, veral Tharien se Sondagoggendprogram (05h00) en Wouter se opera Sondagaande en Fonnie se skuins voor middernag EN sy Boeremusiekprogram en Fritz se Countryprogram.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top