Hallo Wouter,
Jou kommentaar onderaan Trienie se nou berugte "Nostalgiese geheuekiekie: kinderjare" verwys.
Jy vra: Cornelius, kom ons stry weer oor Shekhinah? - Wat dink jy?
Wouter, ons het reeds lang stukke vir mekaar so oor en weer rakende GOD ons MOEDER, in die verlede getik.
Alhoewel die intellektualisme van onse Shekhinah my nie raak nie, voel ek liefde, vrede en dankbaarheid in my hart teenoor jou, en jou vrae daaromtrent. Ek sal enige tyd weer met jou in gesprek daaroor tree.
Intussen het Hans Richardt ook vir jou 'n korrekte antwoord gegee. Onder dieselfde bydrae van Trienie antwoord hy: "Die Shekinah is volgens kabalah Adonai se vroulikheid".
Ek voel dat Trienie in 'n gewoon menslike beskouing graag haar pa as 'n grootman in sy geloof en in haar lewe wou beskryf. Dis baie mooi vir my as 'n vrou haar pa so kan bewonder. Ek dink nie dat sy enigeen ooglopend wou bedrieg nie.
Dis ook anders waar 'n liefdevolle dogter haar pa komplimenteer, as waar 'n Kobus de Klerk in helse selfverheffing homself gedurig met ander se werk tooi en dan agterna na homself as "'n ou grote" verwys.
Trienie se stilte op my vrae stel my egter teleur. Haar uitdrukking "shekinah-aroma" is werklik besonder. Dis heelhartig my bedoeling om as eenvoudige kind van die Here, ook by haar omtrent ons ervaring in die Heilige Gees te leer.
Wouter, daar is ander onderwerpe wat jy huidig aanroer wat my ook diep raak.
So is die inligting omtrent pluralisme wat jy met ons gedeel het, iets wonderlik. Ek sal jou mening omtrent die sinkretisme in verhouding tot die pluralisme wil weet (indien daar enige verskil is). In die opsig verwys ek jou na die BBC se bekende "Around the World in 80 faiths". Die reeks is in troue katolieke en sinkretiese tradisie deur die Anglikaanse Priester, Vader Pete Owen-Jones geskryf en aangebied. Al die episodes is tans op Youtube beskikbaar, en kan maklik afgelaai word om oor en oor te kyk
Maar dan is daar die Nasionale Party se uitverkoop van hul kiesers. Jy is besig om 'n pynlike seer oop te krap. Ek respekteer jou standpunt, maar hoop tog dat jy eendag sal besef aan watter geweld ons wittes tans onder die huidige regering vasgevang sit!
Daar is erge onkunde by meeste blankes oor hul geskiedenis. So byvoorbeeld bestaan die valse mening dat die Boere, rassisties is/was.
Wat 'n spul twak!
In die opsig nooi ek jou om deur jou spesiale toegang tot inligting, jy ons Boereheld Hans Dons de Lange se geskiedenis spoor en met ons deel (beter of nes 'n Johannes Comestor dit sou doen).
My bron oor ons Voortrekkererfenis is onder meer Gustav Preller se kosbare reeks, Voortrekkermense. Die hele reeks van ses dele is ongelukkig van die Staatsbiblioteek in Pretoria se rak verwyder (om swart ideologiese redes?).
Hans Dons se geskiedenis is ook met 'n ideologiese agenda deur die Nasionale Party onderdruk. As jy sy geskiedenis navolg sal jy gou agterkom hoekom - dit het nie hul lae Ingelse-apartheid gedien nie!
Wouter, ek is bly dat jy my kon verskoon waar ek dalk soms te skepties teenoor jou was.
Sabbat Sjalom!
Cornelius Henn


Kommentaar
Hello Cornelius,
'n Spoeg-en-plak-ekstra vir jou: