streng volg’ns teorie, riglyn, maatstaf, snoer,
was “Khoesan” baie lank al hier, voor “Boer”,
Eerste Mens’t, is historio-argeologies g’toon,
deesk stuk Aard’ al vir vele millennia b’woon
sou Paradys in Oos-Afrika syn, ná oorlew’ring,
was Afrika mossie B’gin, van Mens, B’skawing,
sed’rt eerst’ vuur is kos ordentlik gaar g’kook,
sed’rt eerst’ woord was Mens taalvaardig ook
volksmoord’t Khoesan-g’led’re kwaai uitg’dun,
kennis re /Xam-g’skied’nis eers daarna ing’win,
inkomm’rs straks b’sond’rs v’rleë toe moet gee,
Eerste Mens, voorouers, Mens hoor hoe’l skree
al is party immigrante historio-hiërargies laaste,
wys ubuNtu Mens mooi: mede-Mens ís “Naaste”
Jacobus Faasen

