Webvoet: Wat gaan aan onder "Meeste Kommentaar"?

  • 1

Beste Webvoet,

Hiermee 'n verbaasde tog algemene vragie van my kant; hoekom verwyder julle Kobus de Klerk se monumentale "volledige bydraes" onder hoofde "meeste kommentaar", sodra dit na soveel toewyding deur belangstellendes as 'n volslae spul twak uitgewys is?

Ek noem graag die twee onoortreflike bydraes deur Kobus de Klerk wat so verwyder is naamlik; Oor jupiter (sic) en optiese illusies, en sy onlangse groot onderdrukking onder hoofde Die groot verdrukking.

Nogmaals, baie dankie vir jul toewyding oral oor op ons werf.

Cornelius

  • 1

Kommentaar

  • Hi Cornelius

    Ons het die stelsel verander sodat slegs die laaste twee weke se inhoud gereflekteer word onder "meeste kommentaar" - juis om variasie te verseker.

    Groetnis
    NaomiB

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top