Ek haal George Claassen aan (uit sy huldeblyk aan Gerrit Brand):
Geslagte lank is die dominee in die samelewing gereken as iemand wat voor stap en op intellektuele vlak die samelewing moet lei. Ongelukkig wás die meeste predikante nie noodwendig intellektuele reuse nie. Hulle het die volk met rasgedrewe blindheid geslaan en diep die woestyn ingelei onder die waan dat apartheid skriftuurlik gefundeer was. Week ná week is van die kansel en in hul wandelgang met gemeentelede hierdie skrikwekkend verskeurende ideologie verkondig, ondersteun en onderskryf.
Ek was in die laerskool- en hoërskoolkoshuis, was dus verplig om week na week in die kerk (NG) te wees, vir baie jare, en ek kan nie één keer onthou dat die dominee vertel het dat sogenaamde apartheid skriftuurlik gefundeer is nie. As hy het was ek miskien aan die slaap maar ek kon nie week na week aan die slaap gewees het nie want die onnies het 'n ou met 'n hout oog dopgehou.
Soos ek al voorheen gesê het, dit was 'n fout destyds om die bruines van die kieserslys af te haal; dit was kwetsend. Dit kon egter reggemaak word. Wat George verder onder apartheid verstaan sal ek graag wil weet. Is dit 'skrikwekkend verskeurend' dat, sê die Duitsers, nie in Portugal mag stem nie, of byvoorbeeld die Franse nie in Italië nie en andersom?
Jy reken die meeste predikante was nou nie eintlik noodwendig intellektuele reuse nie wat eintlik maar net 'n ander manier is om te sê die meeste predikante was dom. Jong ek weet darem nie of jy dít kan sê nie; daai ouens moet Latyn, Antieke Grieks en Antieke Hebreeus deurkom en dis moeilik.
Buitendien, hoekom sê jy dit? Omdat hulle van die kansel af 'apartheid' sou verkondig het (wat in elk geval 'n wolhaarstorie is)? Indien dit die geval is, is die predikante van vandag dan ewe skielik intellektuele reuse? Is wetenskapjoernaliste intellektuele reuse?
Wat George sê mag miskien waar wees maar sonder bewyse is dit bloot persoonlike mening en, gemeet aan joernalistieke standaarde, is dit onaanvaarbaar.
Ten slotte, net sommer vir George se edifikasie soos my ouma altyd gesê het, hier volg 'n rasgedrewe skrikwekkend verskeurende opdrag van Khalid Mohammed, ontslape leier van die Black Panther beweging (wat blykbaar binnekort SA wil besoek):
"We give them [the whites] 24 hours in South Africa to get out of town by sundown. I say, if they don't get out of town, we kill the men, we kill the women, we kill the children, we kill the babies, we kill the blind, we kill the cripple, we kill the crazy, we kill the fagg**ots, we kill the lesbians, I say god damnitt we kill them all." Die huidige leier Malik Zulu Shabazz het bygevoeg "if it's white kill it."
Jan Rap


Kommentaar
Jan, ek was lugtig om op die Brand-huldeblyke kommentaar te lewer. Op LitNet het ek hulle almal gelees. Wat my opgeval het, is hoeveel van die skrywes eintlik deur linkse politiek gemotiveer is. Hulle vier dit eintlik. Vir my was Van der Rheede s'n die onuitstaanbaarste.
Johannes Comestor
Jan
My persoonlike ondervinding in die NG Kerk mbt tot preke oor apartheid. My ds Adler, Berea gemeente Durban, het beslis apartheid vanaf die kansel, veral vanuit die Ou Testament geregverdig. Israel was God se uitverkore volk. Hulle moes hulle geheel en al afskei van die omliggende volkere. In Ezra lees ons waar , met die terugkeer vanuit Babilon, moes Jode wat nie-Joodse vrouens gehad het, hulle tesame met hulle kinders wegstuur, en Joodse vrouens vat. Daar is vele ander Bybelse voorbeelde in hierdie trant. Non Jode, selfs indien hulle na die Jodendom geproseliseer was, was nie in die binnehof van die tempel toegelaat nie.
Met die aanvang van die Christendom, het die vroëre Christene van hierdie "apartheid" afgesien, (hoofsaaklik te danke aan Paulus se sendingwerk) maar nieteenstaande, het die Joodse en Griekse Christene aparte gemeentes gehandhaaf, met vele onderlinge struwelings, veral mbt besnydenis, Sabat en ander Joodse instellings. Die Jode (non-Christene) gedurende dieselfde tyd, het hulle eie vorm van apartheid ge-handhaaf, bv. die Qumrum nedersetting by die Dooie See.
In my jeugjare was ek 'n kranige Nationalis. In daardie jare was ek elke jaar by Afrikanergedenkwaardighede, by die Voortrekker Monument, die monumente te Bloed Rivier, die Vrouemonument te Bloemfontein, die Hugonote monument te Paarl, ens. en met elke geleentheid het die dominees vanuit die Bybel apartheid probeer regverdig. En ek, soos vele ander, was gebreinspoel.
Ek moet byse. Sedert ek 'n ateis geword het, het ek die wereld vanuit 'n ander oogpunt begin beskou en te benader. Was ek nog 'n Christen, is dit moontlik dat ek steeds die wereld deur 'n bekrompe oogpunt sou beskou het, en hiermee wil ek verder byse, ek verwys nie na ander verligte Christene wat Paulus se leering volg, nl. "daar is nie meer Griek of Jood" (in die Christendom nie), dws. geen apartheid meer nie.
Jaco Fourie