v’rann’ring

  • 0

v’r ultra-eksklusiewe, G’wete-loos, Lewe 2-v’rkenn’r,
angswekk’nd, eks-Alcatraz, -Gitmo-nomm’r, skelm,
inne neo-Self-destruktief sindroom, magsb’dwelm,
“wenn’r” eintlik ma’ onkund-ontkenningsv’rloord’r

b’sef, meerd’rheid, t’rdeë, lat Mens’t nie so erg v’rdien,
struktuurg’weldsvetkatte, korrup, kordaat, t’katt’rmaai,
g’wet’nloosheidsmanifestasie, brutaal, oneties, onfraai,
glorie g’dorie, storie’s Vad’r, lat Mens nag’slag ontsien

tyd vir Homo Sapiens, via Wil, ná G’wete, t’detoksifiseer,
allie GM-kloonlikhede, v’r eens-’n-altyd ytie sisteem t’kry,
aaire oop-’n-bloot t’fokus, oppie Stryd, ’m Eind-oorlewing

al is Krisis krities, hoop Mens, op Hoop, nie t’laat t’leer,
Homo Sapiens Sapiens, opreg, medemenslikheid, t’bely,
doeltreff’nd, kennis t’dra, re v’rand’rlikes, V’rann’ring s’n

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top