Vir Wouter oor sy Geweldbrief

  • 0

Hallo Wouter

Ek haal jou aan:

Eerstens Max Du Preez soos ander is heeltemal korrek in die stelling van 'die een se vryheidsvegter is die ander een se terroris' en kan dit argumenteer word dat die tipe van vertelling waar daar 'n onderskeid tussen die twee ontledings van groeperinge se aktiwiteite gemaak is wyd verspreid. So moeilik soos dit ook al mag wees om dit in jou eie land te beleef, is dit wel 'n globale verskynsel en in konteks van die land en ander lande se bevrydingstryd.

Ek verstaan nie mooi wat jy hier sê nie; dis al of daar 'n werkwoord in die eerste sin kort. Ek maak maar die aanname dat jy bedoel aan watter kant mens is, of van watter kant jy daarna kyk, gaan bepaal wat 'n terroris is. Dit is juis nie so nie want 'n terroris, per definisie, saai terreur. Hy val sagte teikens aan in 'n poging om, wat hy as die vyand beskou, te demoraliseer. 'n Soldaat (of kryger of vegter of vryheidsvegter dan), aan die ander kant, raak slaags met die soldate van die vyand in 'n poging om die vyand se leër te verslaan.

Dit is so dat 'n, sê maar invallende, leër alle middele tot sy beskikking sal aanwend om die vyand te verswak om tot oorgawe te dwing wat dan terreur, sabotasie, sielkunde, propaganda ens ens kan insluit. Soos die Engelse spreekwoord sê, all is fair in love and war welke beleid hulle (die Engelse) dan ook inderdaad teen die Boere toegepas het.

Dit is wel moontlik dat soldate aangewend kan word om terreur en sabotasie te pleeg maar die feit bly staan: Die een se terroris is NIE die ander se vryheidsvegter nie; dit is nie 'n relatiewe term nie.

Daar word ook dikwels na guerrillastryders as terroriste verwys. Dit is ook vals; guerrilla's (afgelei van die Spaanse woord vir oorlog naamlik guerra) maak van 'n slaan-en-terugvaltaktiek gebruik, gewoonlik tot die tipe van oorlogvoering genoop weens gebrek aan getalle.

Jy praat van geweld van die staat teenoor die burgery en dat dit 'n deel van die geskiedenis is wat ons maar moet erken, by implikasie dus die Afrikanerregering teenoor die res van die bevolking. Dit is iets waaroor ons lank kan praat maar ek kan my dit kwalik indink in die lig van die feit dat a) die land nie leeggeloop het nie en b) dat die land 'volgeloop' het want inwoners van die 'bevryde' lande het in hulle duisende hiernatoe getrek.

Jy praat ook van 'n gewoontegeweld en 'n geregverdigde soort van geweld weens swak dienslewering. Wat dit ookal mag wees, dit is burgers wat hulle nie gedra nie en dit maak 'n land onregeerbaar en onmoontlik om lewensgehalte te bewerkstellig.

Jy praat van 'natuurlike nasiestate'. Dink jy ons is tans 'n natuurlike nasiestaat? Natuurlik nie, hier is hoeveel verskillende volkere saamgegooi. Ek weet nie of jou gedwonge verskuiwing van 4miljoen korrek is nie maar dink hieraan: Daar is so-iets soos paspoortbeheer. As daar nie was nie, was die hele derdewêreld al in die eerstewêreldlande. Soos dit is, is dat al moeilik om instroming te keer; die Amerikaners byvoorbeeld patrolleer voltyds die grens met Mexiko. Voorkoming is beter as genesing, so keer instroming dan is gedwonge verskuiwing nie nodig nie.

Daar is net een oplossing, Wouter, en dit is demokrasie: Engelse in Engeland, Duitsers in Duitsland, Swazi's in Swaziland, Finne in Finland ens. Dit is so dat, met die nou dat daar al vir so lank so klomp verskillende volkere in hierdie arbitrêr begrensde land saamwoon, daar 'n band, kan jy maar sê, is tussen ons en, sou hierdie verskillende nasiestate ooit bewerkstellig gewees het, sou ons 'n federasie met hulle gevorm het. Dit sou ook in ons belang gewees het dat dit met ons buurlande goed gaan, die Engelse koerante sou apeshit gegaan het (verskoon die Engels en die anglisisme) oor die geld wat ons sou 'mors' op die buurlande (soos hulle ook inderdaad tekere gegaan het toe daardie beleid besig was om toegepas te word).

Wat nóú aan die gang is, 'n klomp uiteenlopende volke onder Xhosaregering (miskien Zoeloeregering deesdae) en dit werk nie soos jy kan sien.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top