Vir Brianvds, Panda, Angus en Leon oor relatiefgeid

  • 0

Lig kom na jou toe aan teen 'n snelheid van 186 000 myl per sekonde, ongeag die nadering- of verwyderingsnelheid van die bron. Hierdie begrip is nie te moeilik om te verwerk nie veral as die analoog met klank getrek word.

Byvoorbeeld, 'n by kom aangevlieg na jou toe en sy gezoem kom by jou aan teen 720 myl per uur (by seevlak). As hy by jou verby is en hy vlieg al hoe verder weg van jou af kom sy klank nog steeds teen dieselfde spoed by jou aan, die toon is net laer. So ook met lig; soos die bron aankom kom die lig na jou toe aan (blou) maar as hy verby is kom die lig nog teen dieselfde spoed by jou aan net, dis nou rooi (ons neem aan die bron beweeg baie vinnig, sê so 70% die spoed van lig).

Dus, soos die by na jou toe aankom, is daar 'n stel opeenvolgende puntbronne waar die klank opgewek word en, ongeag waar die by, is gaan die klank vanaf 'n gegewe puntbron by jou uitkom na 'n tyd t = a/v by jou aankom (waar a die afstand tussen jou en die puntbron is en v die spoed van klank).

Maar dis nou hier waar my probleem met relatiefgeid inkom (let wel, nie Einstein se relatiwiteit nie).

Gestel nou die by sit vas op 'n stuk voëlent (maar produseer nog steeds 'n gezoem) en jy hardloop, teen dieselfde spoed as wat die by sou gevlieg het, na die klankbron toe. Nou is die tyd wat dit die klank neem om by jou uit te kom t'=(a-k)/v waar a nog steeds die afstand tussen jou en die bron was, v die spoed van klank en k die afstandjie wat jy nader beweeg het vandat daardie stukkie klank opgewek is. Met ander woorde t'<t, die klank kom nou dus vinniger as die spoed van klank by jou aan. Die teenoorgestelde gebeur natuurlik wanneer jy by die by verby is, maw t''=(a+k)/v en dan geld natuurlik weer dat t''>t.

Nou hoe werk dit? Die relatiewe naderingspoed bly mos dieselfde, maak nie saak of dit jy of die by is wat beweeg nie. Of is dit ooit so? Want in die een geval beweeg die by deur die 'eter' (atmosfeer) en in die ander geval beweeg jy deur die atmosfeer so, streng gesproke, is dit nie om't ewe of dit jy en of die by is wat beweeg nie. Geld dieselfde nie ook ten opsigte van lig nie? Ek weet dat daar nou nie 'n eter is vir lig om voortgeplant te word nie maar nogtans.

Nog 'n probleem met relatiefgeid behels juis Einstein se relatiwiteit. Einstein sê tyd verstadig vir 'n ding wat vinnig beweeg (die ou tweelingparadoksstorie). So, as 'n satelliet vinnig bokant jou verbyskiet verloop sy tyd stadiger as joune. Maar, terselfdertyd, relatief tot die satelliet, trek jy met 'n stink spoed in die teenoorgestelde rigting en dus, relatief tot die satelliet, verloop jou tyd stadiger. Wat nou, dis mos 'n paradoks, dan nie?

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top