ultra-sup’r-v’rkrimptheid

  • 0

vir jarre, eeue, ’s meerd’rheid g’terroriseer,
tweede-, derre-, viere-klas-burg’rs, in land,
Azania, vir pre-’94-er, ’n woede wat brand,
via tuisland, pasboek, soldaat, grensb’heer

selfs in oudb’vryd’rspsige ’n Holocaust-siek,
sosio-historiologies, vir v’rbitterde, t’onthou,
Tshwane, sy issie Krugerloos, inne dag g’bou,
korrupsie b’lemm’r ok meerd’rheidswilspolitiek

nie net v’rligte, wat kapitaalsug-lewe leef,
liberaal voorskryf, wat g’doen moet word,
analities, wetenskapl’k sê, wat waar skort,
v’r strewers na g’lykheid, niks’m na t’streef

reg, tot Mens se Reg, ’t’s ultra-sup’r-solied vas:
in Paradys g’n spraak v’n “ras”, “sent” of “klas”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top