Trøllabundin

  • 3

Sabbat Sjalom,

Dis Trol tyd!

Betower is ek, is ek ...

Die heilige het my bekoor, my bekoor ...

Betower diep in my hart, in my hart ...

In my hart brand 'n warm vuur, 'n warm vuur ...

Eivør is in die Faroe-eilande gebore en getooi.  Vandag is sy een van die Ysland se begaafste divas. Meer omtrent haar kultuurryke loopbaan kan hier gelees word: http://eivor.com/

Die Faroese en die Yslandse kultuur is na my wete nou verwant.

Die Yslanders is 'n vreedsame volk. In die land van die Wikingvoorvaders wat so graag geveg het, is daar vandag geen teken van oorlog of vegtery nie. Net 'n fantastiese versameling legendes wat die Yslanders trots maak het op hul besonder blank erfenis.

Die Yslandse taal is ook een van die wonders in die wêreld. Vir honderde jare reeds het dit omtrent niks verander nie. Dis omdat Yslanders so afgesonder leef. 'n Kind in Ysland kan vandag die ou sagas, wat meer as sewehonderd jaar gelede geskryf is lees en dadelik verstaan, so min het die taal verander.

 'n Heerlike naweek lê voor ... mag joune ook geseënd wees ...

 Jesús Guð blessi allt.

 Namaste!

 Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • Baie interessant Cornelius!  Dit klink of hulle (hierdie meisie se mense, die Vikings) en die Rooihuide op 'n kol in verbinding was.  Dis seker nie so vergesog nie - die Eskimo's en die Amerikaanse Indiane is mos soort van familie kan jy sê en die Yslanders moes vir seker kontak met die Eskimo's gehad het.

  • CorneliusHenn

    Verseker so Jan ... maar wat dink jy van die feit dat die burgers van die Faroe-eilande  maar skaars 50 000 siele tel en as 'n volk met hul eie taal, kultuur en eie grondgebied deur die wêreld erken word en hulself ook so vir eeue reeds regeer? ... ons Boere was byna dubbel in hul getal gedurende ons stryd met die Ingelse in Transvaal, tog is ons kultuur vandag genasionaliseer, onderdeur en uitverkoop deur die ganse wêreld ... tog interessant ook hoe die term Afrikaner wanneer dit pas, eksklusief met die Calvinisme, patriargie en Oscar Pistorius se ondergang verbind word - is die Kaapses met hul komplekse en in hul verskeidenheid van Godsdienste en kultusre, dan nie meer Afrikaners soos gereken volgens die Ingelse se Nasionalis-propagandiste op RSG en elders nie?

  • CorneliusHenn

    ... en o ja Jan, is die Faroëreilande wat soos rekmerke en 'n legkaart inmekaar pas, nie een van die beste voorbeelde dat ons aarde wel besig is om te groei nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top