v’r hoipolloi, ’p voetsoolvlak, meer’s een vraag t’vra,
wat b’siel Mens, g’liefd’, koelkil, G’wete-loos, uit t’wis,
berig-, v’rslaggew’r, nuus-agent, rapporteur, joernalis,
min b’gaan, re uitslag van outopsie, ’p lyk van Reeva
oorlog in Midde-Ooste, Irak, Mali, Sudan, Afghanistan,
Somalië, deur mediamafia van openbar’ oog wegg’hou,
nuusbron-integriteit, geloofwaardigheid, glattie t’v’trou,
boem’rang kru brabb’ltaal-pervers-kaaltiet-geelpersplan
struktuurg’weld manifesteer sigself immer(s) as eksploitasie,
pen’trasie v’n privaatheid, moord-’n-doodslag, disinformasie,
vrees floreer, sekur’teitsmaatskappy g’dy, m’t rasse skrede,
selfs g’lowiges b’gin t’twyf’l, aan b’antwoording van’l gebede
domineer “Duiw’lspiek”-leiersindoktrinasie-breinspoel-projek,
onkund’-ontkenningsinkomm’r gattie somme gou wee’ v’rtrek
Jacobus Faasen

