nu, krisis-’n-al, lyk markb’weg’ng b’low’nd,
vord’ring, progressie, wet’nskapl’k b’rek’nd,
onn’rontwikk’ling, ontwikk’l’nd land, normaal,
weeld’ langs armoed, ek’nomies voorafb’paal
yt pikgitstikdonk’r Afrika altyd iets nova,
vitale hulpbronne, oorvloedig b’skikbaar,
g’noeg werkloses, dis wet’nskapl’k waar,
mette joppie helpit mossie om nog t’kla
burgery voldoen sikofanties aan v’rsoening,
’n nuwe nasie word inderhaas saamg’smee,
patriotte b’roep’l, patrioties, op oorwinning,
lat “trippel-B-dubbel-E” regt’ antwoord gee
paddastoel een front oppie ann’r, sjeltpolitiek,
struktuurg’weld maak magslustiges erg’r siek
Jacobus Faasen

